Pearson - Always Learning
 
Longman-HAT
English • Afrikaans
 
 

HAT Aanlyn en Longman Online 

 

Veel meer as net ’n woordeboek!

 

’n Groeiende versameling woordeboeke wat jy op jou rekenaar, tablet of selfoon kan raadpleeg, pus ’n taalportaal spesiaal vir Afrikaansonderwysers en -leerders.

  

Afrikaans en Engels aanlyn 

  • Longman Dictionary of Contemporary English
    *al die trefwoorde en voorbeelde hardop uitgespreek!
  • Longman Business English Dictionary 
  • Longman SA School Dictionary
  • Longman-HAT Eng-Afr/Afr-Eng School Dictionary
  • Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)
  • HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek
  • HAT Taalgids
  • HAT Feitegids
  • Taalportaal

 

Kom luister 

Klik om te luister na geluide (hoe klink ’n wolf? ’n ghong? hoe klink dit wanneer iemand snork?); luister na en herhaal die korrekte uitspraak van Engelse trefwoorde (hoe sê ’n mens “aubergine”, “inevitable”, “peripheral”?). Kort voor lank kan jy ook die uitspraak van Afrikaanse woorde hoor.

  

Aktiwiteite en speletjies

Vul ons interaktiewe blokkiesraaisels in – jy kan kies tussen Afrikaans, Engels, Afrikaans-Engels en/of Engels-Afrikaans. Toets jou geheue en bou woordeskat met ons aanlyn pasmaatspeletjies. Besoek die taalportaal met ’n groeiende versameling hersieningsaktiwiteite in ooreenstemming met die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).

  

Werkbladsye vir aflaai

Vir die klaskamer bied ons aflaaibare werkbladsye woordeboek- en taalaktiwiteite, begripstoetse, blokkiesraaisels, woordsoekblokke, en meer. Alles in pdf-formaat sodat Longman-HAT-lede die bladsye na willekeur kan aflaai en kopieer.

 

Sluit aan!

As jy hou van wat jy sien, hoop ons jy sal spoedig inteken en ’n volwaardige lid van ons Longman-HAT-familie word.