Pearson - Always Learning
 
Longman-HAT
English • Afrikaans
 
 

Oor Pearson 

 

Pearson Education Suid-Afrika (PESA) bied lewenslange toegang tot leergeleenthede aan almal wat graag wíl leer. 

 

  

Ons glo met die regte ondersteuning kan almal hulle opvoedkundige doelwitte bereik, ongeag wie of waar hulle is. Ons begryp dat elkeen op sy/haar eie manier leer, daarom ontwikkel ons die verskeidenheid produkte wat ons bied. Van kinderboeke en materiaal vir tuisonderrig tot publikasies vir tersiêre en voortgesette onderwys en opleiding. Ons naslaanafdeling sluit titels in vir sakelui en die rekenaarbedryf, taal- en woordeboeke, asook ′n groeiende verskeidenheid elektroniese produkte.

 

Ons leerstof word deur van die voorste opvoedkundiges, kurrikulumbeplanners en taalspesialiste ontwikkel om te verseker dat alles wat ons uitgee aan die hoogste internasionale standaarde voldoen. Terwyl ons ons steeds op die gedrukte boek toespits, ontgin ons toenemend ook nuwe geleenthede om aan ons gebruikers die room van ons inhoud elektronies te bied. Verlede jaar het meer as 8 miljoen studente reg oor die wêreld in hul studies reeds e-produkte van Pearson ingespan.

  

PESA is ’n volle filiaal van Pearson Suider-Afrika (PSA), wat op sy beurt ’n onderafdeling is van Pearson, die wêreld se grootste opvoedkunde-maatskappy. Die Pearson-maatskappyegroep sluit onder meer ook die Financial Times-groep en Penguin-uitgewers in. Wat meebring dat ons op die hulpbronne, infrastruktuur en intellektuele eiendom van ’n internasionele reus kan steun.

  

Gebruikers oor die wêreld heen maak op Pearson-inhoud staat. Ons vernuwing is standhoudend. En die steun wat ons aan miljoene opvoeders en leerders bied, berus op ’n eenvoudige beginsel: Ons kan alleenlik suksesvol wees as ons ons klante en gebruikers help om op hulle beurt die hoogste mate van sukses te behaal.  

 

Leer is ons werk.