Pearson - Always Learning
 
Longman-HAT
English • Afrikaans
 
 
 

Hoezit! is die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging se webwerf vir 8- tot 14-jariges, ’n digitale platform propvol interaktiewe speel-, leer- en doendinge in Afrikaans. ’n Kuierplek met die jongste nuus oor boeke, flieks, musiek, mode en die sterre; breinkos en flinkdink-uitdagings; woordspeletjies, legkaarte en meer. Daar is gereeld lekker pryse te wen! En interessante infobladsye wat jy kan aflaai en druk vir gebruik in die klas of by die huis. Gaan kry joune by www.hoezit.co.za – en kom gebruik hulle saam met die interaktiewe en aflaaibare woordeskat- en taalaktiwiteite op hierdie bladsy. Met die komplimente van die HAT en die ATKV. 

 

     

Vuur en vlam

 

Vuur is ’n deel van ons alledaagse lewe. Hierdie prenteblad belig dit van nader. Klik op die prentjie om die infografika af te laai, en klik dan hier onder om die aanlyn blokkiesraaisel in te vul. Al die antwoorde staan in die teks! Kom, brei jou woordeskat uit. Dis pret!

 

 2014-07-23

Krag uit water

 

 

Elektrisiteit maak ons lewe maklik. Hierdie infografika verduidelik waar elektrisiteit vandaan kom. Klik op die prent om dit af te laai en lees dit saam met die werkblad hier onder om seker te maak jy verstaan dié interessante proses!

 

 2014-07-23